Quantcast
Channel: Tuinmaak – Goeie Huishouding
Viewing all articles
Browse latest Browse all 25

6 plantidees vir die huis

$
0
0
Close-up of a little girl watering a house plant.

 

Die lente is gelukkig amper hier, en ons is so opgewonde daaroor. Hoekom bring jy nie vanjaar ’n paar plante in jou huis in nie? Dit sal nie net help om die lug te suiwer nie, maar is ook ’n eenvoudige manier om jou leefruimte op te kikker. Of jy nou dol is oor ’n moderne huis of rustieke kleure en georganiseerde chaos verkies, daar is ’n plant of planthouer wat ideaal vir jou huis is.

Hier is ’n paar idees oor wat beskikbaar is en waar om dit te kry.

1. Driehoekige muurhouer

As jy van skoon lyne hou en plante as ’n glanspunt wil gebruik, is hierdie muurhouer ’n opwindende keuse. Dis ideaal vir vetplante, maar let daarop dat die plant nie ingesluit is nie.

R649, Superbalist

2. Kaktuspot

Kaktusse is ornamentele plante wat ideaal is vir mense wat nie ’n tuinhand het nie, maar graag plantlewe in hul huis wil hê. As jy die lid van die gesin is wat meer orgideë laat vrek het as wat jy kan onthou, is ’n kaktus of vetplant waarskynlik presies wat jy nodig het.

R129,99, MRP Home

3. Poniestert-kokedama

Kokedama, wat “mosbal” in Japannees beteken, is ’n metode om ’n plant en sy grond in ’n omhulsel van mos vas te maak. Dit is ’n ou gebruik, maar nie iets wat jy gereeld in huise sien nie. Kikker jou leefruimte met hierdie pragtige poniestert-kokedama op. Kyk hier vir aanwysings hoe om so ’n pragstuk gesond en gelukkig te hou.

R89,99, Woolworths

4. Speldekussing in ’n pot

Tussen die terracottapot en die oranje en rooi skakering van die speldekussings is dit ’n ideale manier om jou huis ’n bietjie warmte te gee. Die speldekussing-protea verg relatief min onderhoud en dis dol oor sonskyn. Vir nog inligting oor hoe om vir hierdie nuwe toevoeging tot jou huis te sorg, lees hier.

R149,99, Woolworths

5. Marsala-keramiekplantpot

As jy lus is om jou hande vol grond te kry (iets wat ons almal behoort te doen, want grond is goed vir die siel!), hoekom kry jy nie jou eie houer en kies ’n plant waarvan jy hou nie? Dié keramiekhouer is geskik vir verskillende soorte plante en sal mooi in jou huis lyk.

R169, @home

6. Hangende hartplanthouer

Hierdie oulike houer is ’n fantastiese manier om ’n tikkie kleur by jou huis te voeg. Kry ’n mooi, helder vetplant om daarin te plant, maak seker dit kry die sonlig waarvoor vetplante so lief is en moet jou nie te veel daaroor bekommer nie, want dit verg min onderhoud.

R69, @home

The post 6 plantidees vir die huis appeared first on Goeie Huishouding.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 25

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>