1. ’n Lieflike grasperk
Lei altyd jou grasperk soggens nat (voor 08:00 is ideaal) en dien gereeld 3-1-5-kunsmis toe om dit dwarsdeur die somer te laat gedy.
2. Blomgroei
Sny of snoei jou blomdraende struike een keer per maand om baldadige blomme in die somertyd te verseker.
3. Inheemse indoenas
’n Mengsel van inheemse en blomplante bied jou ’n waterwys tuin en verseker ook dat jy dwarsdeur die jaar blomme sal hê.
4. Sing jy van blomme …
Plante wat oorvloedig blom, is ’n plesier as jy van snyblomme in jou huis hou. Inkalelies groei soos weghol-brande – trek dit eerder uit die grond as wat jy dit pluk wanneer jy die blomme oes, want dit moedig groei aan.
5. Kostyd
Verleng die blomtyd van jou plante met blaarvoeding (’n vloeibare kunsmis word direk op die plant se blare gespuit) van ’n produk soos Seagro Seaweed Foliar Spray en vul yl plekkies grondlangs met ’n deklaag of ’n grondbedekker aan. Bounce Back of ’n soortgelyke groeiproduk wat een keer per maand gebruik word, sal ook blomplante aanmoedig om aan te hou blomme dra.
6. Woeker op jou werf
Gemengde gebruik van blomme-, groente- en kruietuine verskaf heel- wat visuele plesier en eetbare belonings. Spaar kosbare plek en gebruik lat- of traliewerk waarteen plante soos pronkertjies (op die foto), tamaties, boontjies, komkommers en lemoen-pampoentjies kan oprank.
7. Groen plaagbeheer
Verjaag slakke met skyfies komkommer wat in ’n aluminiumhouer geplaas word – die komkommer reageer met die aluminium en gee ’n reuk af wat slakke en hul maters pes (maar wat ons nie kan ruik nie)!
8. Roos-raad
Rose wat voldoende water kry, is meer geneig om siektes te weerstaan. Skep ’n dammetjie om elke boom om die water op te vang – en gee dit elke tweede dag water in plaas van elke dag.
9. Sonde met die ‘diere’
Honde-urine bevat hoë vlakke van stikstof wat grasperke kan doodmaak. Verbeter dié kolle so: verdun jou hond se gunsteling-draailoopkolle met water, en om te verhoed dat hy weer na dieselfde kol toe teruggaan, bedek die area met ’n tak of twee van ’n doringboom totdat die gras herstel het.
10. Sit die pot … raak
Plaas potte met geharde vetplante in op jou terras vir heeljaar se genot. Groepeer potte van verskillende vorms en groottes en gebruik vetplante as die samebindende faktor.
Bron: Goeie Huishouding-tydskrif
The post 10 wenke vir ’n welige tuin appeared first on Goeie Huishouding.