Quantcast
Channel: Tuinmaak – Goeie Huishouding
Viewing all articles
Browse latest Browse all 25

Hoe om ’n huisplant te red wat amper dood is

$
0
0
iStock_000026267391_Medium

 

Niks kikker ’n vertrek meer op as die groen blare en kleurrryke blomme van ’n huisplant nie. Maar enige iemand wat al een gehad het, weet ook dis erg terneerdrukkend om te kyk hoe dit verlep, bruin raak en ’n stadige dood sterf. Voordat jy opgee, probeer hierdie wenke wat jou plant dalk weer gesond sal maak.

1. PLANT DIT OOR

Om ’n moeë varing of vetplant in ’n vars pot grond oor te plant kan volgens Ashton Ritchie, ’n grasperk-en-tuinkenner, ’n groot verskil maak. Kies net ’n groter houer: “Maak seker die pot is ’n paar duim wyer as die een wat jy vervang,” sê hy. Dit sal die wortels ruimte gee om te groei en floreer.

2. VOED DIT BETER

Plante het ook gesonde kos nodig. Vervang dus jou ou grond deur ’n hoëgehalte-potgrond. “Jou nuut geplante potplant sal gereelde voedings waardeer. Volg net die aanwysings op die plantkospakkie wat aanbeveel hoe gereeld jy dit moet doen,” sê Ritchie. Jy kan ook kunsmis probeer – gebruik net een wat voedingstowwe stadig vrystel sodat jou plant se wortels nie te veel op een slag kry nie.

3. GEE DIT SON – STADIGAAN

Hoewel son meestal goed vir plante is, kan dit ernstige probleme veroorsaak as jy verlepte plante skielik in die warm, helder son plaas, sê Anthony Smith. “Gee [jou plant] net 100% indirekte son vir ’n kort tyd totdat dit herstel,” sê hy.

4. MOENIE TE VEEL WATER GEE NIE

“Die algemeenste fout onder tuiniers is dat hulle nie weet wat hul plante se rustende tye is nie en die plante aanhou water gee,” sê Gena Lorainne, ’n plantkenner. Jy moet navorsing doen oor wanneer hierdie seisoen plaasvind sodat jy kan seker maak jy verdrink nie per abuis jou gunstelingblom nie.

5. RAAK ONTSLAE VAN PESTE

As die blare of stam van jou plant gespikkel is of swak lyk, kan goggas die probleem wees. Die kenners by Window Box beveel aan dat jy van ongewenste besoekers ontslae raak deur die blare sagkens met ’n ligte seepwateroplossing af te vee of te spuit.

6. PROBEER ’N KWEEKHUIS

Sommige plante het ’n vogtiger omgewing nodig, wat jy (as ons nou moet raai) waarskynlik nie in jou huis wil hê nie. Om ’n individuele kweekhuis vir jou plant te skep, plaas ’n klein plastieksak bo-oor, sê Lorainne: “Hou dit só vir vier tot vyf dae om die nodige omgewing te skep.”

Van: www.goodhousekeeping.co.uk

The post Hoe om ’n huisplant te red wat amper dood is appeared first on Goeie Huishouding.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 25

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>