Quantcast
Channel: Tuinmaak – Goeie Huishouding
Viewing all articles
Browse latest Browse all 25

Jou winter-tuinmaaklysie

$
0
0
Garden Master_GHK[1]

Dit klink dalk aanloklik om eerder te hiberneer wanneer die kwik daal, maar dit sal soveel nuttiger wees om nou tyd aan jou tuin te bestee. Wanneer die lente aanbreek, sal jy met ’n mooi, welige tuin beloon word

Doenlysie vir Junie:

  1. Snoei rose om die kelke oop te hou om sonlig in te laat en siektes te help keer wat op koel, klam en skaduryke plekke uitbroei.
  2. Bladwisselende bome staan dié tyd van die jaar kaalgestroop, wat dit ideaal maak om ou en siek groeisels en takke te verwyder.
  3. Berei gate waarin jy vrugtebome, rankplante en rose wil plant met mis, superfosfate en beenmeel voor.
  4. Voed suurlemoenbome met 3:1:5 of 8:1:5 en behandel vergeelde blare met ’n mikro-elementmengsel.
  5. Maak plante in beddings nat, voed dit en verwyder enige dooie blomme.
  6. Kwekerye is nou propvol kleurryke jaarplante wat in die winter en lente blom. Plant dus nou beddingblomme soos Calendula officinalis (gousblom), Papaver nudicaule (Yslandse papawer), Myosotis sylvatica (vergeet-my-nietjie), Antirrhinum majus (leeubekkies) en Bellis perennis (botterblomme).
  7. Haal agterstallige onderhoud in soos om voetpaadjies netjies te maak en gruis op te vul. Meer mensgemaakte landskapelemente, soos plaveisel of keisteen, verminder die oppervlak wat water nodig het. Dit sal veral in somerreënvalstreke help.
  8. Bewerk en maak jou komposhoop netjies en hark sommer die laaste herfsblare bymekaar – dis die ideale kos vir jou komposreserwe!
  9. Gee plante ’n ekstra deklaag om dit te isoleer en teen die koue te beskerm.
  10. Saai al die lede van die koolfamilie (broccoli, kool, blomkool, Brusselse spruite, ornamentele krulkool) en ander wintergroente soos radyse, preie, uie en spinasie in jou groentetuin.

 

Tuingereedskap*

Noodsaaklikhede vir ’n eksie-perfeksie tuin:

 

      Garden Master-vousaag en – regaf tuinskêr R260

      Garden Master- organiese kompos R48

      Garden Master-reënmeter R50

      Garden Master-staalhark R89,99

      Garden Master-preisaad R15

      Garden Master-radyssaad R15

*Alle pryse geld spesifiek Builders Warehouse. Garden Master-produkte is by alle Game-, Builders Warehouse- en Makro-winkels beskikbaar.

Hierdie artikel is deur Garden Master geborg.

The post Jou winter-tuinmaaklysie appeared first on Goeie Huishouding.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 25

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>