Quantcast
Channel: Tuinmaak – Goeie Huishouding
Viewing all articles
Browse latest Browse all 25

Hoe groei jou tuin dié herfs?

$
0
0
Garden master[1]2

Met die weer wat koeler raak, is dit jou maand om jou grasperk en die res van die tuin vir die opkomende wintermaande voor te berei.

  1. Waterbeperkings is ’n werklikheid. Kyk uit na waterslim plante vir jou beddings. Oorweeg gryswateropsies en gebruik ’n emmer in die stort om water vir potplante op te vang.
  2. Daar is nog tyd voordat die winterreën in die Kaap begin, en Gauteng maak reg vir die droë seisoen. Een woord: deklaag! Spaar water en voed die grond deur blombeddings ’n deklaag te gee.
  3. Op soek na ’n maklike binnenshuise plant? Begonias is pragtig en so maklik om te laat groei.
  4. As jy gereeld dooie blomkoppe van jou somerjaarplante afpluk en die plante met vloeibare kunsmis bemes, kan dit dalk nog weer voor die winter blom.
  5. Dit is nou tyd om blombolle te koop wat in die winter en lente blom voordat dit uitverkoop word. Hou dit op ’n koel, donker plek totdat dit gereed is om in April geplant te word.
  6. Berei jou beddings voor vir bolle met genoeg kompos, ’n goeie organiese veeldoelige kunsmis soos 2:3:2 (’n hand vol per vierkante meter) en ’n rojale hoeveelheid beenmeel.
  7. Berei die gate vir nuwe vrugtebome en rose met mis, superfosfate en beenmeel voor.
  8. Het jy geweet? Koeksoda is ’n vernuftige en veilige swamdoder. Meng 2 teelepels per 2 liter water en ½ teelepel skottelgoedwasseep. Spuit die mengsel op plante en groente wat met swamme besmet is.
  9. Saai nou: Pronkertjies is ’n pragtige jaarplant wat goed groei en kan aan die einde van Maart geplant word – sit nou jou latwerk op en voed die grond met kalk ’n week voordat jy saai.
  10. Grasperke wat voos is ná die somer, kan reggeruk word deur dit gereeld te hark, gate met ’n vurk daarin te maak om dit te belug en dit ’n deklaag vir die winter te gee.

 

NOODSAAKLIKE GEREEDSKAP

*Die pryse is eksklusief by Builder’s Warehouse

Garden Master Reguit heiningskêr & snoeiskêr R235

Garden Master Spitgraaf vir vroue R180

Garden Master Blue Ocean-tuinslang & -passtukke R190

Garden Master Staalhark R130

Garden Master-driestuk-snoeistel, R260

Garden Master NTS- kinkelvrye tuinslang, R395

Garden Master- organiese kompos, R46

Garden Master-produkte is by alle Game-, Builders Warehouse- en Makro-takke te koop.

 

Garden Master-produkte is by Builders Warehouse beskikbaar.

The post Hoe groei jou tuin dié herfs? appeared first on Goeie Huishouding.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 25

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>