![Garden master[1]](http://www.goodhousekeeping.co.za/wp-content/uploads/2016/02/Garden-master1-455x455.jpg)
Februarie is ’n goeie maand om in jou tuin besig te raak. Daar is soveel wat jy kan doen om die meeste uit jou tuin te kry in die laaste warm dae van die somer.
- Maak dit jou maand om waterwys te wees. Begin deur jou dekke en plaveisel buite met ’n besem skoon te maak, nie ’n tuinslang nie.
- Bedek jou blombeddings dié maand met ’n goeie laag kompos (ook bekend as swart goud) of houtsnippers.
- Probeer dié selfdoen-tuintruuk: Druk ’n roosstiggie in ’n aartappel en plant dit in die grond.
- Hou ’n emmer in die stort en gebruik die water om jou potplante in die huis en op die stoep nat te maak.
- Begin om groentevariëteite te saai wat koel weer kan weerstaan, soos broccoli, blomkool en brusselse spruitjies, en bêre die saailinge op ’n koel plek.
- Voed nou jou rose, jaarplante en meerjarige plante en sny dooie knoppe af. Dit sal voorgesette groei en blomvorming verseker.
- Sny hierdie maand jou gras net elke twee weke pleks van elke week.
- Snoei meerjarige blomstruike soos madeliefies en laventel sodat dit nog ’n keer voor die winter kan blom.
- Eerder as om op Valentynsdag vir jou geliefde blomme te koop, kry ’n roosplant wat vir soveel langer vreugde sal verskaf.
- Vries somerkruie nou sodat jy dit in die winter in soppe en bredies kan gebruik.
GOEIE GEREEDSKAP
Noodsaaklike gereedskap om jou tuin in ’n goeie toestand te hou
*Die pryse is eksklusief by Builder’s Warehouse
- Garden Master-driestuk-snoeistel, R260
- Garden Master NTS- kinkelvrye tuinslang, R395
- Garden Master- organiese kompos, R46
- Garden Master-produkte is by alle Game-, Builders Warehouse- en Makro-takke te koop.
Hierdie artikel is deur Garden Master geborg.
The post Hoe lyk jou tuin? appeared first on Goeie Huishouding.